Gister sien ek ons het ‘n nuwe Mej Suid-Afrika. Die helder-kleurige rokke laat my terugdink aan my eie Mejuffrou-storie.

 

Ek het my kroon verloor. Sien nogsteeds hoe die regtige egtige Mej Karnaval die kroon by my oorneem.

 

Alles gebeur in my jaar as ‘n student by die Onderwys Kollege Boland.

Die beoordelaars het ‘n fout gemaak. Dit is Estelle van Rhyn wat gewen het, nie ek, Estelle van Zyl nie.

Die gehoor het stil geraak toe die baie aantreklike serimonimeester sy keel skoon maak en met die sin begin wat vol byvoeglike naam- en werkwoorde was.

My pa, het in die gehoor gesit, ek het hom gesoek. Hy het op daardie oomblik vir my gekyk, saggies, met sy blou, seer oë gepraat. Ek hoor sy wyse woorde deur die fluistering van ongeloof.

Lig jou kop Estelle, stap soos ‘n kameelperd, want almal se oë is op jou.” “Hoe jy hierop reageer, dit is wat saak maak.”

Met die noem van Estelle oor die luidsprekers het almal begin hande klap en juig, niemand weet vir watter Estelle nie. Nie eers ek was seker nie. Ook nie my naamgenoot nie. (Ek hoop so ☺)

Ek het heel regs gestaan, ander Estelle, links. Dit is nou as jy van die gehoor se kant af kyk.

Ten minste kon ek voel hoe dit is om vir ‘n paar minute op die Koning se stoel te sit, soos in “Game of Throwns” – dalk moes my Milla-kat al daardie tyd as ‘n tier op die verhoog geloop het en my kom red van die onthofing van my kroon.

 

Maar ek moet toegee, Estelle was beeldskoon. Sy het ver bo ons ander uitgestaan. Sy was ‘n bondel energie en het daardie kroon verdien.

In die vierkant, tussen die wilgerbome, waar die Onderwys Kollege vandag nog staan, was ek op ‘n tyd die fokus van almal se gesprekke. En ek was trots, want ek het na my regte egtige pa se wyse raad geluister.

Jy is, waarna jy soek. Ons kan so maklik situasies buite ons beheer intrek en maklik met gebuigde skouers die dag invaar.

Is geluk vir elkeen beskore, of maak jy geluk?

Ons almal ervaar soms gebroke krone. Selfs die Springbok rugbyspan het in November 2016 teen Italië verlooooooor, maar is Wêreldbeker wenners ‘n paar jaar daarna.

My seun in Pretoria word positief getoets. Die virus het hom ook in sy rugbyloopbaan “getackle”. Hy vra my: hoe bly mens positief?” Soos in jou gemoed ma?

Ek gryp die vergeelde “Rooi Rose” van 1980, het iewers eendag die “10 wenke” daarin gelees:

10 maniere om positief te bly:

  • Kry ‘n ondersteuningsnetwerk,
  • Vier jou mylpale,
  • Bly weg van negatiewe mense,
  • Raak prakties
  • Skryf 'n dankbaarheidslys

en en en

Ek stuur my eie boodskap op whats App aan hom:

“Hoewel jy nie altyd beheer het oor wat met jou gebeur nie, het jy volle beheer oor hoe jy daarop reageer.”

 

Hoe jy reageer as jou kroon weggeneem word is die manier hoe ons die virus oor die pale gaan skop!

Wêreldbeker wenners.

ONE DAY TRIP TO HERMANUS

18 Oct 2021

One of the most popular holiday resorts in the Cape must certainly be Hermanus. If asked what is my favourite day-trip, then this is the one. We take the...

Groot 5, klein 5, lelike 5, skaam 5 en die onmoontlike 5 saam met Becks Safari Lodge

20 Jan 2021

My 5 nie-nuwejaarsvoorwense voordat 'n leeu my eet. Ek sit in 'n koffiewinkel in die Paarl, lees die volgende woorde teen 'n  swart bord. ...

As jy jou eie kroon verloor

27 Oct 2020

Gister sien ek ons het ‘n nuwe Mej Suid-Afrika. Die helder-kleurige rokke laat my terugdink aan my eie Mejuffrou-storie.   Ek het my kroon verloor....

AWESOMENESS MAXIMUS - My eerste virtuele wedloop

05 Oct 2020

AWESOMENESS MAXIMUS – my eerste virtuele wedloop My seun “reply” altyd op whats app, “awe”, as ek iets oulik vir hom stuur. Nou verstaan ek waar die woord...

My Klein Prins

20 Sep 2020

My Klein Prins  Daar was eendag ‘n dogtertjie, Lisa, wat ‘n baie skaars siekte gehad het. Haar enigste kans op oorlewing was ‘n bloedoortapping wat sy...

Done is better than perfect

10 Jan 2019

Done is better than perfect. Turn I can’t into I cans. My website, sonder dat julle dit besef, gaan vandag op lug. Of nog nie. Die oulike webwerf ontwerpers...


TOURS   |   BLOG   |   BOOK NOW


 

Emailestelle@paarlrocktours.co.za  |  Call083 232 0532