AWESOMENESS MAXIMUS – my eerste virtuele wedloop

My seun “reply” altyd op whats app, “awe”, as ek iets oulik vir hom stuur. Nou verstaan ek waar die woord vandaan kom. AWE-SOMENESS. Afrikaans vertaal – ongelooflik.

Daar is altyd eerstes. Jou eerste tand, jou eerste kind, jou eerste “virtual run”. Met Covid 19 kon ek nie die legendariese en uitputtende Comrades Marathon vir die eerste keer hardloop nie. Ek kon dus nie wegspring op die bekende “Chariots of Fire” lied nie. Die stekelrige virus se linkeragterbeen keer my voor, trip my en al my kwalifiserende tye is verlore. Soos water wat in die bad uitloop.

Nou kan ons nogsteeds wedlope hardloop, maar jy doen dit in jou eie omgewing, jou eie roete en jou eie tyd. Mens noem dit VIRTUAL RUNNING in 2020.

Ek hou hiervan.

  • Ek hoef nie meer 04:00 op te staan en my bekommer oor waar ek ‘n blou, plastiek toilet naby die wegspringplek gaan kry nie.
  • Ek trek aan wat ek wil.
  • Ek kies vir my die kleurvolste plek om te hardloop. As jy slim is, kies jy iets met min bulte. Maar met my eerste “virtual run” in die Overbergse dorp, Greyton, dink ek nie daaraan nie.
  • Ek maak vir my ‘n musieklys waarna ek kan luister terwyl ek hardloop: “Leaving on a Jet Plane”, “Dankie vir Jou liefde”, “Lemoene”, “Flower of Scotland” en die beste vir laaste…..Episode 45 – “Wegstories”. Jip, jy kan nou deesdae ‘n potgooi saam met jou musieklysie maak.

Greyton is ‘n pragtige plek net anderkant Franschhoek, verby Genadendal. Hier groet die maer perde jou met respek.

Manlief is my waterman vir die naweek, maar per ongeluk drink ons sagte, Bolandse rooi wyn die vorige aand op die gasteplaas, www.oewerzicht.co.za, waar ons tuisgaan.

Op hierdie plaas, sien jy al die pot goud onder die reënboog. Grasgroen! Hier wil jy ‘n selfie saam met die beeste neem en jy hoor die klank van vars bergwater by die rivierloop. Hier vind jy moderne plaashuisies en kampplekke. Jy kan selfs trou en jou latere kinders kom wys hoe skape blêr en die gespierde boer sy land omspit.


En daar, Saterdagoggend, net waar die goudpot staan, spring ek nie 6 uur weg nie, maar my eie tyd. Ek breek rekords, “Chariots of fire” sing in my ore. My water-man wag vir my by elke bult, ai, en ek weet ek lyk nie mooi van daar bo af nie. Die bult is styl en die rooiwyn wals ook nog saam met die liedjies. Maar ek is voor. Nog niemand het my verby gesteek nie. Ek is vuur en vlam om my eie rekord te breek.

Ek mis dit met 2 sekondes, maar die boer is nie kwaad vir my nie. Kampeerders steek ‘n vuurtjie aan en die beeste, met hul eie medaljes in hul ore, herkou NOGSTEEEEEEDS die gras dat die speeksel spat.

Ek het gewen. Was ver voor my ander denkbeeldige drawwers. Na ontbyt gaan stap ons die duidelik, gemerkte wandelpaaie in die Boesmanskloof. Jy kan verskillende roetes kies, pakket sluit die watervalle in.

 

Ingang by die natuurreservaat is asof jy na die Hemel toe stap. Daar is nie eers ‘n sleutel nie. Petrus nooi jou in, gratis.

Handgemaakte, of wag, seker selfgemaakte kaas (homemade) en geur van varsgebakte brood lok jou na die plaaslike markie in Greyton. Dit is asof ek terug is in Spanje, langs die Camino, al wat kort is Sangria.

Covid het my laat voel of ek ‘n marathon in ‘n sirkel stap. Die einde wou nooit kom nie, doelwitte kon jy nie op die horison sien nie.

Nou voel dit of ek op die binnebaan van ‘n spiraal is, besig om opwaarts te loop. Stap nogsteeds in kringe, maar jou doelwit se lig is bereikbaar. Ek kan weer draf, plekke sien, mense ontmoet en foto’s neem. Alles op Garmin se tyd.

Ek het nooit laaste gekom die naweek nie. Niemand sal nie. Met die spiraalpad sal jy die wenpaal haal.

 

ONE DAY TRIP TO HERMANUS

18 Oct 2021

One of the most popular holiday resorts in the Cape must certainly be Hermanus. If asked what is my favourite day-trip, then this is the one. We take the...

Groot 5, klein 5, lelike 5, skaam 5 en die onmoontlike 5 saam met Becks Safari Lodge

20 Jan 2021

My 5 nie-nuwejaarsvoorwense voordat 'n leeu my eet. Ek sit in 'n koffiewinkel in die Paarl, lees die volgende woorde teen 'n  swart bord. ...

As jy jou eie kroon verloor

27 Oct 2020

Gister sien ek ons het ‘n nuwe Mej Suid-Afrika. Die helder-kleurige rokke laat my terugdink aan my eie Mejuffrou-storie.   Ek het my kroon verloor....

AWESOMENESS MAXIMUS - My eerste virtuele wedloop

05 Oct 2020

AWESOMENESS MAXIMUS – my eerste virtuele wedloop My seun “reply” altyd op whats app, “awe”, as ek iets oulik vir hom stuur. Nou verstaan ek waar die woord...

My Klein Prins

20 Sep 2020

My Klein Prins  Daar was eendag ‘n dogtertjie, Lisa, wat ‘n baie skaars siekte gehad het. Haar enigste kans op oorlewing was ‘n bloedoortapping wat sy...

Done is better than perfect

10 Jan 2019

Done is better than perfect. Turn I can’t into I cans. My website, sonder dat julle dit besef, gaan vandag op lug. Of nog nie. Die oulike webwerf ontwerpers...


TOURS   |   BLOG   |   BOOK NOW


 

Emailestelle@paarlrocktours.co.za  |  Call083 232 0532