My Klein Prins

 Daar was eendag ‘n dogtertjie, Lisa, wat ‘n baie skaars siekte gehad het. Haar enigste kans op oorlewing was ‘n bloedoortapping wat sy by haar broer, wat dieselfde siekte gehad het, kon kry. Hy het wonderbaarlik herstel, omdat sy liggaam teenliggaampies ontwikkel het.

Die dokter het mooi verduidelik en die boetie gevra of hy bereid sal wees om bloed te skenk. Hy het ingestem omdat dit sy sussie se lewe sou red.

Langs haar bed, terwyl die bloedoortapping plaasvind, het die boetie geglimlag, want hy kon sien hoe sy sussie weer kleur oor haar vaal gesiggie kry.

Net daarna het sy gesiggie bleek geword, sy glimlag het stil-stil verdwyn. Hy kyk toe op na die dokter en vra met ‘n bewerige stem: “Sal ek dadelik doodgaan?”

Omdat hy so jonk was, het die seun die dokter heeltemal verkeerd verstaan, hy het gedink hy moes al sy bloed vir sy sussie gee.

Moeder Teresa het gesê: “We ourselves feel that what we are doing is just a drop in the ocean. But the ocean would be less because of that missing drop.”

Haar  woorde is vir my soos bloeisels wat in elke seisoen van ons lewe gelees kan word. Sy het met haar lagplooitjies en ernstige oë geweet ons sal altyd die oseane van die wêreld wil aandurf.

As toergids neem ek Moeder Teresa se bloeisels saam op my blommetoere.Fyn blom in detail

Vandag wil ek ‘n druppel in die oseaan gooi, soos die boetie vir sy sussie wou doen. Ek ontmoet vir Oom Hennie wat my vertel van sy heuningbier wat in sy werkswinkel tydens “lock-down” ontplof het. Tannie Susan wat sug en stilletjies glimlag omdat sy uiteindelik die moed bymekaar gemaak het om op die bus te klim. Hulle maak my oseaan vol.

Ons kyk die Weskus se blomme, hoe het die Skepper dit reggekry om elke vierkante meter so te beplan? Al die detail.

The little princeIn die boek “The little Prince”, skryf Antoine de Saint-Exupery (jip, ‘n van wat ek nie kan uitspreek nie) van ‘n jong prins wat verskeie planete in die ruimte besoek. Die aarde ingesluit. Hy ervaar vriendskap, liefde, maar ook die groot hartseer van mense wat alleen is en ‘n verlies van geliefdes ervaar het.

Gegewe dat hierdie ‘n kinderboek is, kla hy baie oor hoe grootmense die lewe in nommers en syfers sien. Selfs ek is skuldig met my vierkante-meter-woorde in my vorige paragraaf.

Kinders sien EEN blom, sien die kleur van die blom, buk af en neem elke pigment waar. Kinders sal daardie EEN blom vertroetel, water gee of pluk en (dit) vir iemand gee. Kinders sal die blom teken of in hul boeke bêre. ‘n Kind het ‘n verskil gemaak deur EEN blom.

Daarom wil ek Mother Teresa se woorde onderstreep, want soms voel ons dat ons vir niemand eintlik iets beteken nie. Maar ons kan vir EEN mens dalk iets vandag beteken. Vertel ‘n persoon watter verskil hy in jou lewe maak, vertel haar wat sy vir jou al beteken het. Jou tuinier, jou kollega by die werk, jou man (in die daglig op die sitkamerbank – nie in die slaapkamer nie (ek lag hier – julle weet wat ek bedoel), jou kinders, jou suster se vriendin wat vir jou soet tee gemaak het toe jy dit die nodigste gehad het. Gaan sit, word stil, maak toe jou oë en dink mooi aan die EEN persoon wat jy vandag wil dankie sê.

Ek lees die boek “Make Time” geskryf deur Jake Knapp. Die boek is vol idees van hoe om tyd te maak vir jou “highlight” van die dag. Ligpunt in Afrikaans. My ligpunt van my dag sal wees om te kan verf, ‘n middagete saam met my ma, om hierdie blog te skryf. Dan probeer ek altyd in my kalender my ligpunt uit te blok. Dan is dit soos ‘n afspraak wat ek moet nakom. Ek wil tyd maak. Dit maak ook n verskil in ander mense se lewens. Dit is asof my hart oorloop met blou skoenlappers. Mens kan nie altyd die branders van die see stop nie, maar jy kan dit druppel vir druppel met liefde volmaak.

Kom ons maak vandag vir EEN persoon ‘n verskil

ONE DAY TRIP TO HERMANUS

18 Oct 2021

One of the most popular holiday resorts in the Cape must certainly be Hermanus. If asked what is my favourite day-trip, then this is the one. We take the...

Groot 5, klein 5, lelike 5, skaam 5 en die onmoontlike 5 saam met Becks Safari Lodge

20 Jan 2021

My 5 nie-nuwejaarsvoorwense voordat 'n leeu my eet. Ek sit in 'n koffiewinkel in die Paarl, lees die volgende woorde teen 'n  swart bord. ...

As jy jou eie kroon verloor

27 Oct 2020

Gister sien ek ons het ‘n nuwe Mej Suid-Afrika. Die helder-kleurige rokke laat my terugdink aan my eie Mejuffrou-storie.   Ek het my kroon verloor....

AWESOMENESS MAXIMUS - My eerste virtuele wedloop

05 Oct 2020

AWESOMENESS MAXIMUS – my eerste virtuele wedloop My seun “reply” altyd op whats app, “awe”, as ek iets oulik vir hom stuur. Nou verstaan ek waar die woord...

My Klein Prins

20 Sep 2020

My Klein Prins  Daar was eendag ‘n dogtertjie, Lisa, wat ‘n baie skaars siekte gehad het. Haar enigste kans op oorlewing was ‘n bloedoortapping wat sy...

Done is better than perfect

10 Jan 2019

Done is better than perfect. Turn I can’t into I cans. My website, sonder dat julle dit besef, gaan vandag op lug. Of nog nie. Die oulike webwerf ontwerpers...


TOURS   |   BLOG   |   BOOK NOW


 

Emailestelle@paarlrocktours.co.za  |  Call083 232 0532