“Die dapperes leef dalk nie vir ewig nie, maar die versigtiges leef glad nie.” Meg Cabot

Ek het altyd hierdie idee gehad van ekke wat by my “Apple” rekenaar sit, beker tee, blommetjies op die tafel, pers cutex op my kort vingernaels en my een been opgetrek op my stoel…….. terwyl ek ‘n blog skryf.

Idillies, en natuurlik het ek ‘n uitsig oor die see of ‘n berg vanuit my spierwit kantoor met ‘n pienk muurversiering en ‘n foto van my “boyfriend”. Amper soos in “Pinterest”.

Maar om te skryf, is toe ook nie so maklik nie. Ek tik, dan “delete” ek. Dit is moeilik om iets in die kuberruimpte in te stuur vir ander om te lees.

Ek skryf nou met ‘n pen en papier. Ek sit op my stoep met koffie. Kyk hoe die helikopters oor ons huis vlieg, oppad Franschhoek toe, want ons lug is rooi, my bad is vol as soos die wind na ons kant toe waai. Die berg brand.

Behalwe die vlamme van hel, raas die metaalagtige monsters ook hierbo. Die diere, Bambi en skilpad, hoe verduidelik jy dit? Ons brandweermanne se sweet drup op die droë fynbos soos hulle die pad probeer oopmaak om by die brandlyn te kom.

Ek salueer elke brandweerman.

Ek is oppad om 115km oor 7 dae te gaan stap. In spanje. Ek gaan die Camino doen ter nagedagtenis van my pa wat oorlede is aan Motor Neuron Siekte. Ek wil dit gebruik om mense bewus te maak ,asook my ondersteuning te gee vir trusts wat oor die wêreld oopgemaak is om mense te help.

Almal weet al dat “miracles” soms soos ‘n grashelm verby jou vlieg en jy net te laat is om te vang. Ek het agterna gehardloop en hom gevang, voordat hy uit my hand kon glip, ek gee my eerste tree…. Spanje toe. Mediese fonds het hul hande toe gemaak vir my pa. Sy rolstoel moes ek skelm kontant onder die tafel betaal, want dit het vol stof gestaan en niemand het dit gebruik by die instansie nie.

My pa se siekte het my laat dink aan ‘n stokmannetjie wat ek altyd geteken het. Met my uitveër die bene uitgevee het, want kon dit nooit in verhouding teken nie. Die siekte het my pa se arms eerste weggevee, toe sy bene en toe sy mooi stem. Daarom gaan ek 115km stap. Ek gaan my arms en bene gebruik en vir ons vriende vra om geld te skenk vir daardie rolstoele wat so broodnodig is. As ek dink aan al die ekstra goedjies wat my ma moes koop uit hul pensioengeld, wil ek huil van skaampte vir ons mediese fonds. Want wie het beplan om MND te kry. Ek gaan die uitveërs probeer wegsit; sodat daar fondse beskikbaar is vir masjiene, pypies, wetwipes, doeke, kussings, matrasse, duisende sneesdoekies…… hulle kan later nie meer hul spoeg sluk nie, jy vee dit vir hulle af. Ek gaan my pelgrimstog stap waar ek kan skree en huil en lag vir al die herinneringe wat my pa agtergelaat het.

Op my lysie: dik paar sokkies, my pen en papier, kamera en ‘n bottel water.

“Moed is baie belangrik. Soos ‘n spier, word dit versterk deur dit gereeld te gebruik.” Ruth Gordon.

So het ons elkeen ons eie stories en hartseer. Net soos Mnr. Leeu. Doen jou ‘n guns, en gaan kuier vir hulle, lees hul hartseer verhale by die Drakenstein Leeupark in die Paarl. Dit is goeie terapie, hulle is soos sielkundiges. Absoluut die moeite werd.

stellas tours8  stellas tours6

stellas tours7 stellas tours4

 

Done is better than perfect

10 Jan 2019

Done is better than perfect. Turn I can’t into I cans. My website, sonder dat julle dit besef, gaan vandag op lug. Of nog nie. Die oulike webwerf...

100 Dae challenge. 3

10 Jan 2019

O,my word….. sonder wyn. Wat het verander. 100 Dae challenge. O, my word….. sonder wyn. Wat het verander. Ek bly in die Boland, waar wyn gebore...

We all have the magic. Most of us don’t know how to use it!

10 Jan 2019

I met a girl. She made a big difference in town. Her name is Cinderella. But she is an old Cinderella. Not the one with the Sta-Soft soft skin and blue eyes...

Die dapperes leef dalk nie vir ewig nie...

10 Jan 2019

“Die dapperes leef dalk nie vir ewig nie, maar die versigtiges leef glad nie.” Meg Cabot Ek het altyd hierdie idee gehad van ekke wat by my “Apple” rekenaar...


TOURS   |   BLOG   |   BOOK NOW


 Registered Tourist Guide - WC 10864

Emailinfo@stellaguidedtours.co.za  |  Call083 232 0532