O,my word….. sonder wyn. Wat het verander. 100 Dae challenge. O, my word….. sonder wyn. Wat het verander.

Ek bly in die Boland, waar wyn gebore is.  Ek is omring deur wingerde en het ‘n passie vir kos en wyn, of is dit wyn en kos? ☺ Die Kaap het die lekkerste wyn; ons is een van die voorste wynmakers in die wêreld. Ek love my wyn.  Veral rooi wyn.  Nou waarom op dees aarde sal ek besluit om op my “geur” van my lewe dit vir 100 dae te los.  Ek eksperimenteer.  Soos iemand wat eksperimenteer met chemiese middels of op ‘n dieet gaan vir 4 weke sonder brood…. Ek los die wyn. 

simon van der stellOp die oomblik geniet ek dit.  Ek hou uit, want wil myself vertrou.   Vra vir Simon van der Stel (1679), by the way, ek was verlief op hom, want hy het die hele Kaap laat bome plant, perd gery en leeus gesien  Hy het in lewende lywe gesien en ervaar hoe matrose van  skepe afklim, moeg na die lang reis van wie weet waar. Die wat die leë rooiwynvate afhaal, hulle was die gesondste.

So wat het my laat besluit.

  1. Omdat ek te veel van rooi wyn hou.   En noudat ek  1/10de van my rondte voltooi het, kom ek agter hoe baie glase ek gewas het.. Soos in regtig. My man sê baie glase ☺

eyes

Wat het verander na 10 dae:

My vel, ek het dit heel eerste opgelet.  Dit is asof dit weer lewe het, ek gloei.

My verhouding.  Ja, ja so asof ek probleme gehad het, maar my man is tog trots op my.In sy stilligheid drink hy ook nou saans sy sparkling water met suurlemoen.   Selfs my dominees kan dit nie glo nie.

My pp, (ek gaan nie die biologiese naam gebruik nie) lyk sommer mooi. Ek hoef nie eers die toilet te “flush” nie, spaar sommer water ook.

Ek hardloop in die lug.  Nie omdat ek nuwe Adidas tekkies gekoop het nie, maar my drawwery voel of ek elke kilometer  net nog meer geniet. Ek het selfs my oorfone by die huis gelos, want wil die voëltjies hoor sing en mense se komplimente hoor wanneer hul sien daar hardloop die vrou-wat-nie-meer-wyn-drink-nie.  Grap net…. Maar ek wil gesels, groet en smile vir almal rondom my.

Ek lees meer.

Ek het my blog begin. Dit is wat ek nou doen. Ek het myself ingeskryf vir  lesse om te leer skilder.  Was nog altyd my droom todat my oudste seun my vra of ek al ooit probeer het.  Duh Stella.

Ek voel soos Cinderella met haar blink skoene aan. Al is ek deur die dag Stella en maak skoon, werk en gee die muise kos, sien ek uit om my skoene weer aan te trek en  met my rok om die tafels te dans. Sonder wyn.  Maar moenie dink ek gaan nooit ooit weer wyn drink nie.  Cinderella moet darem ‘n glasie klink op funksies as sy met die prins dans of piekniek hou saam met haar stiefsusters, want wyn bring altyd lag en vreugde.

Ek is positief.  Ek is stiller. Ek sien uit na die 2/10des wat voorlê en watter vreugdes die dae my nog gaan bring.  Ek het my hartseer dae nogsteeds.  My Nala hond en my pa.  Maar ek drink nie alkohol (ek hou nie van die woord nie) om die hartseer weg te neem nie. Ek raak eerder stil en luister na “miracles” wat God my bring. Want ek is kwaad vir niemand nie.

Wenk vir die week: 

“To be aware of little, quiet things,

You need to be quiet inside.

A high degree of alertness is required.  Be still. Look. Listen. Be present.”- Eckhart Tolle

 

Done is better than perfect

10 Jan 2019

Done is better than perfect. Turn I can’t into I cans. My website, sonder dat julle dit besef, gaan vandag op lug. Of nog nie. Die oulike webwerf...

100 Dae challenge. 3

10 Jan 2019

O,my word….. sonder wyn. Wat het verander. 100 Dae challenge. O, my word….. sonder wyn. Wat het verander. Ek bly in die Boland, waar wyn gebore...

We all have the magic. Most of us don’t know how to use it!

10 Jan 2019

I met a girl. She made a big difference in town. Her name is Cinderella. But she is an old Cinderella. Not the one with the Sta-Soft soft skin and blue eyes...

Die dapperes leef dalk nie vir ewig nie...

10 Jan 2019

“Die dapperes leef dalk nie vir ewig nie, maar die versigtiges leef glad nie.” Meg Cabot Ek het altyd hierdie idee gehad van ekke wat by my “Apple” rekenaar...


TOURS   |   BLOG   |   BOOK NOW


 Registered Tourist Guide - WC 10864

Emailinfo@stellaguidedtours.co.za  |  Call083 232 0532