Done is better than perfect. Turn I can’t into I cans. My website, sonder dat julle dit besef, gaan vandag op lug. Of nog nie. Die oulike webwerf ontwerpers (my afrikaanse woorde) wag vir hierdie blog.

Ek trek op dag 86.

Ses en tagtig dae sonder enige alkohol, wel wyn, want ek drink net wyn. My mikpunt is 100 dae. Ek het dit in 3 dele opgedeel. Eerste paar dae was swaar, ek stry nie. Die vroutjie wat op ‘n mens se skouer sit, het my amper laat swyg. Myne het rooi, lang sokkies aan (bobby socks). Sy het sproete op haar neus. Twee vlegsels. Haar stem is skril en hoog. Sy laat my in versoeking bring. Maar sy is klein, so klein soos wat ‘n mensie op jou skouer kan sit.

My pa is dood, Motor Neuron Disease, in Afrikaans, Motor Neuron Siekte. Was in Junie 2018 gediagnoseer, het in November 2018 gesterf. Hy wou nog so 3 of 4 jaar lewe. Ons het onsself voorberei, maar hierdie keer het ons liewe Vader sy sterk hande nodig gehad om die elektrisiteit in die hemel reg te maak. En dankie tog die 100 dae challenge het toe op my pad gekom. Want jy moet nugter dink. As die ambulans verdwaal nadat jy 3 keer jou adres verduidelik het, kan jy nie glase wyn agter jou blad hê nie – jy gaan haal dan maar die ambulans.

Motor Neuron Siekte is ‘n siekte wat die senuweeselle wat spiere beheer, aantas. Jou praat en loop verdwyn, jy sukkel om asem te haal en jou sluk voel soos ‘n berg wat voor jou lê. Stephen Hawking en Joost van der Westhuizen het dit ook gehad en die welbekende, ongelooflike, sterk, jojale, Van Zyl pa. My pa. My het-pa, maar hy het iets nagelaat.

“Raise the joy of others and you’ll get even more joy. You only need a heart full of grace”

Ek het toe my eerste derde van 100 dae deurgedruk. Want my worry was wyn, my pa se worry was hoe gaan hy sonder spiere klaarkom. Ek kan dit doen, ek kan deurdruk. En hier is ek nou. 2 maande later. Ek hardloop vir my pa. Elke tree wat ek gee is vir hom en al die ander mense rondom my wat nie arms of bene het nie. Ek hardloop vir mense wat met kanker gediagnoseer is, ek hardloop vir mense wat die grootse seer en swaarkry moet deurwerk.

Jy kan, ons kan, ek kan.

"En al lê, al lê 'n donkerwolk oor daai berg
Weet ek, die son skyn altyd helder by Dad
En al breek, al breek 'n storm los oor die See
Weet ek, My Pa sal altyd daar vir my wees
Uit die woorde van ‘n sanger se pen," - Snotkop

1 6Tweederdes van my 100 dae was “sit die een voet voor die ander” Jy wil wil die deur oopmaak sodat al die selfdissipline kan uitvloei. In die rivier in, in die see in. My kat raak weg, My Nala hond, ‘n Labrador van 18 jaar oud, sterf in my arms, ek vertroos my nie met ‘n glas wyn nie. As ek hierdeur kan kom Stella, kan ek.

Ek lees dubbel meer boeke. Ek raak slim. Wil al die geheime van die lewe met julle deel. Ek lees Eleanor Roosevelt se bibliografie. Ek lees “The 5 am Bookclub” van Robert Sharma. Ek lees “How to stop time” . Ek raak slim en wys en kom agter ek dra dit oor aan my seuns en mense rondom my.

Het uiteindelik my eerste kunsklas bygewoon. Oppad soentoe, met ‘n vis in my maag, raak ek honger. Koop ‘n taai, proteine lekkertjie wat lyk of dit van blare gemaak is (mos gesond), dit sit vas in my tande, maar ek weet dit nie. Nadat ek my eerste fiets teken en dit lyk of ‘n vragmotor dit omgery het, sien ek in die spieël, die swart, klein goggatjies, wat tussen my tande vassit. Wel, gelukkig voel mens mos vere op veertig. “This too, will pass”

My nie-meer-hangover-gevoel, laat my vroeg opstaan soggens. Besef nou wat die woord “passion” beteken. Dit is daardie oomblik wanneer die son se strale die aarde ontmoet. Alles word lig. Dit is soos ‘n feetjie wat haar staffie swaai en klein diamandjies op my gras kom gooi, die berge vanuit my kamervenster bloos en die blou van die hemel wat oopmaak. Met my beker koffie (humangus en groot en goeie kwaliteit en filter en doen moeite) op die stoep, ontmoet ek vir “passion”. My beker loop oor en my bekerkoffie raak leeg. 100 DAE VAN GEEN WYN IS TOE NIE SO SLEG NIE. (smile).

Ek som dus op. 100 dae. “All change is hard at first. Messy in the middle and gorgeous at the end." Ek ervaar die passie van die lewe.

Wat is volgende?

Wag en hou my blog dop. Daar is iets in die pyplyn…. My man knik net sy kop……. “this too, will pass……..☺”

Wat het ek hierdie week geleer:

Coconut Oil ( Klapperolie).

  • Ek sit ‘n lepel in my hare, lyk dan soos Cinderella.
  • Haal my maskara af daarmee, veral voordat ek gaan swem, want die swembrille maak blou-apie merke en dan lyk ek soos ‘n padda as ek uit die swembad klim.
  • Ek meng dit met vogroom om op my vel te smeer.
  • Ek gebruik dit op my lippe.
  • Sit ‘n titseltjie op my wangbene, ek gloei dan op 47!
  • En jy kan daarmee jou beenhare skeer. Soos die advertensies sê….. en dit is nie al nie…. Dit kos maar net…..

Ek eindig af. ‘n Blommetjie vir my pa. Het ‘n wit blompot gekoop en lavender in gesit. Dankie pa. Ek is 100 dae sterk.

Sy wens en sy laaste woorde: “ Ek wil nie weggaan nie, ek wil bly – soos die stoomlokomotief daar in die woestyn wat tot stilstand kom. Ek wil gaan wegkruip tussen langstrand se duine.” (my pa het groot geword in Namibie – soos die liedjie van Die Bosveldklong – Swakopmund – ons laaste liedjie wat ons saam geluister het.


♥ 

 

Done is better than perfect

10 Jan 2019

Done is better than perfect. Turn I can’t into I cans. My website, sonder dat julle dit besef, gaan vandag op lug. Of nog nie. Die oulike webwerf...

100 Dae challenge. 3

10 Jan 2019

O,my word….. sonder wyn. Wat het verander. 100 Dae challenge. O, my word….. sonder wyn. Wat het verander. Ek bly in die Boland, waar wyn gebore...

We all have the magic. Most of us don’t know how to use it!

10 Jan 2019

I met a girl. She made a big difference in town. Her name is Cinderella. But she is an old Cinderella. Not the one with the Sta-Soft soft skin and blue eyes...

Die dapperes leef dalk nie vir ewig nie...

10 Jan 2019

“Die dapperes leef dalk nie vir ewig nie, maar die versigtiges leef glad nie.” Meg Cabot Ek het altyd hierdie idee gehad van ekke wat by my “Apple” rekenaar...


TOURS   |   BLOG   |   BOOK NOW


 Registered Tourist Guide - WC 10864

Emailinfo@stellaguidedtours.co.za  |  Call083 232 0532