My 5 nie-nuwejaarsvoorwense voordat 'n leeu my eet.

Ek sit in 'n koffiewinkel in die Paarl, lees die volgende woorde teen 'n  swart bord.  "Sometimes the only way to make sense of an upside world.... is to view it from a new perspective"

En dit is presies wat ek nou hier doen. Ek sit hoog teen die dak in  "Bean in Love"  My wêreld het klein geraak met ons besigheid wat totaal en al tot stilstand gekom het. My wasgoed het my laat was in plaas van skryf. Toe kom sit ek hier. Soos 'n besigheidsman sonder 'n kantoor. Oorfone in my ore. (luister na Bon Jovi).  Ek bestel vir my  n cappuccino (kan dit spel, want die spyskaart lê voor my). 

Met ons jongste seun wat van koshuis na woonstel  trek, pak ek en my man 'n  trailer en vat die pad Pretoria toe. Beddens, banke, matrasse, tv en my gunsteling mikrogolfoond. Ons ry deur die groen mielielande van die Vrystaat, kry die meeste reën, volgens die boere, in 50 jaar.  Met ons tydsberekening ry die Kellerman-trailer deur alles. Sop nat, maar Pretoria se warm droë winde laat dit lyk of ons gedwonge uit die huis gesit is, met alles wat teen die bome en pale staan om droog te word. 

Vir 'n blaaskans gryp ons die kans om na  Becks Safari Lodge te gaan. 'n Persentjie wat net voor die groot "Lock Down" aan ons gegee is. 

Becks Safari Lodge is deel van die Karongwe Port folio-groep.  Ons ry deur die Limpopo provinsie. Ons arriveer net voor middagete en word verras met 'n interesante my-ma-se-koekstaander-bord vol gesonde Safari eetgoed wat jou onmiddellik maer laat voel. My man eet al my vark ribbetjies op, ek hou by die slaai en groente, want oorkant ons wei die bokkies en bulletjies en ek is bang dit is dalk een van hul boeties wat ek eet. 

BLunchtime3

Ons klim die volgende oggend voor die son opkom op 'n regtige egtige "out of Africa" jeep. 

En daar vra 'n blonde-krulkop dogtertjie my of ek weet wie is die skaam 5. 

In my beste engels verduidelik ek haar dat ek net die groot 5 wil sien en dit tref my soos 'n goedgemikte meshou; dat mens so fokus op die "big 5", dat jy die kleintjies mis of die skames of selfs die lelikes. (elkeen sy doel in die natuur).

Die Korongwe Porfolio is 9000 hektar groot. 9 000 rugbyvelde, so iewers op 'n rugbyveld sal ek seker my groot 5 sien. Leeu, Luiperd, Buffel, Renoster en meneer die Olifant. En ons sien hulle!

BOlifant3

Met ons gekwalifiseerde "game rangers" (klink mooier in engels, soos die Camel-sigaret advertensie in die tagtigerjare) en die Shangaan spoorsnyer, sien ek "Lion King" in al sy glorie. 

Hier staan die tyd stil.Ons ry deur die Makhutswi rivier en swem in die Lodge se 20m swembad. 

BDawid in swembad3

Ek wonder hoekom is die seekoei en kameelperd ook nie deel van die groot 5 nie. Hulle is ook groot?  

Die 5'e

Sommige diere praat nie afrikaans nie, so verskoon die engels. 

Die klein 5

Ant Lion (Mierleeu), leopard tortoise (luiperd skilpad), elephant shrew, rhino beetle (renoster kewer) en 'n  buffalo weaver. 

Die lelike 5

Hyena (hiëna), wilde bees, vulture (aasvoël), warthog (vlakvark) en die marabou stork. 

Skaam 5

Meerkat, aardvark, ystervark, aardwolf en 'n bat-eared fox

Die onmoontlike 5

Hulle is baie skaars en moeilik om te kry.

Aardvark, Cape Mountain Leopord (Kaapse bergluiperd), Pangolin (lyk soos 'n miereter), Reverine rabbit en die wit leeu. 

Hoeveel het julle al hiervan gesien?

Ons ry via Dullstroom terug Pretoria toe.  Mal verlief op hierdie kunstige, vlieënde-visse-dorpie.   Vir oulaas groet ons vir jong man in sy nuwe woonstel, maak 'n draai in Victoria-West en luister RSG al die pad huistoe.

Ek het genoeg tyd om te dink aan my 5. (MY NIE-NUWEJAARSVOORWENSE)

1.  Ek gaan "hallo" sê vir almal.  Iemand maak die opmerking dat ek baie mense ken,  ek sê nee, ek groet almal! 

2.  Ek het 2 ore en een mond.  Ek gaan meer luister en minder praat.

3.  Elke oggend, sodra ek wakker word, gaan ek my voete op die grond sit en 3 goed noem waarvoor ek dankbaar was die vorige dag. 

4.  Leer visvang

5.  21 Boeke lees in 2021.  

......... En hoekom is seekoei en kameelperd nie deel van die groot 5  nie? Omdat die groot 5 die moelikste is om te jag. 

En hoekom is baie oefen en dieët nie deel van my groot 5 nie-nuwejaarsvoorwense nie? Kyk uit vir my volgende blog.

(alle foto's op my blogs is met my eie kamera geneem.)

 BLuiperd2

 

 

ONE DAY TRIP TO HERMANUS

18 Oct 2021

One of the most popular holiday resorts in the Cape must certainly be Hermanus. If asked what is my favourite day-trip, then this is the one. We take the...

Groot 5, klein 5, lelike 5, skaam 5 en die onmoontlike 5 saam met Becks Safari Lodge

20 Jan 2021

My 5 nie-nuwejaarsvoorwense voordat 'n leeu my eet. Ek sit in 'n koffiewinkel in die Paarl, lees die volgende woorde teen 'n  swart bord. ...

As jy jou eie kroon verloor

27 Oct 2020

Gister sien ek ons het ‘n nuwe Mej Suid-Afrika. Die helder-kleurige rokke laat my terugdink aan my eie Mejuffrou-storie.   Ek het my kroon verloor....

AWESOMENESS MAXIMUS - My eerste virtuele wedloop

05 Oct 2020

AWESOMENESS MAXIMUS – my eerste virtuele wedloop My seun “reply” altyd op whats app, “awe”, as ek iets oulik vir hom stuur. Nou verstaan ek waar die woord...

My Klein Prins

20 Sep 2020

My Klein Prins  Daar was eendag ‘n dogtertjie, Lisa, wat ‘n baie skaars siekte gehad het. Haar enigste kans op oorlewing was ‘n bloedoortapping wat sy...

Done is better than perfect

10 Jan 2019

Done is better than perfect. Turn I can’t into I cans. My website, sonder dat julle dit besef, gaan vandag op lug. Of nog nie. Die oulike webwerf ontwerpers...


TOURS   |   BLOG   |   BOOK NOW


 

Emailestelle@paarlrocktours.co.za  |  Call083 232 0532